Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kronkelderm
kronkelderm [boodskap #128414] Ma, 18 November 2019 17:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skets wat die kronkelderm aandui.
Skets wat die kronkelderm aandui.
kronkelderm
Afbreking: kron•kel•derm
Samestelling: kronkel + derm


Selfstandige naamwoord: kronkelderm
Meervoud: kronkelderms
Verkleinwoord: kronkeldermpie
Meervoud van verkleining: kronkeldermpies

Betekenis:
• Die distale (onderste) deel van die dunderm in soogdiere, reptiele en voëls.

Gebruik:
• 'n Mens se kronkelderm is sowat 2 tot 4 meter lank en die pH is gewoonlik tussen 7 en 8 (neutraal of effens alkalies).
• Ontsteking van die kronkelderm staan bekend as ileitis.

Sinoniem:
• ileum

Afgelei:
• kronkeldermontsteking

Vertaling:
Engels: ileum
Nederlands: kronkeldarm

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sabbatskennis
Volgende onderwerp: skennis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 22:33:31 MGT 2024