Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanlyn
aanlyn [boodskap #128412] Ma, 18 November 2019 13:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanlyn
Afbreking: aan•lyn
Samestelling: aan + lyn


Byvoeglike naamwoord: aanlyn
Attributief: aanlyn

Betekenis:
• Toestand waartydens daar aan 'n netwerk of stelsel verbind is; gekoppel; gekonnekteer.
• (rekenaarwetenskap) Aan die Internet verbind; op die Internet beskikbaar.

Gebruik:
• Jy kan dit sommer vanaf 'n aanlyn winkel koop.
• Ons sal 'n kopie aanlyn beskikbaar maak.

Antoniem:
• aflyn
• vanlyn

Vertaling:
Engels: online
Nederlands: online

Nota:
• Omdat "aanlyn" 'n bywoord of byvoeglike naamwoord is, skryf ons "aanlyn ensiklopedie" as twee woorde (nie "aanlynensiklopedie" nie).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bis
Volgende onderwerp: sabbatskennis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 19:57:51 MGT 2024