Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kêrel
kêrel [boodskap #128406] Ma, 18 November 2019 05:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kêrel
Afbreking: kêrel


Selfstandige naamwoord: kêrel
Meervoud: kêrels
Verkleinwoord: kêreltjie
Meervoud van verkleining: kêreltjies

Betekenis:
• 'n Meisie se spesiale vriend met wie sy uitgaan.
• (informeel) 'n Manlike persoon in die algemeen.

Gebruik:
• Het jy al 'n kêrel? Sy het ongesiens uitgeglip om by haar kêrel te gaan vry.
• Wie is die gawe kêrel? Hy was 'n sterk kêrel wat 'n streepsak vol mielies kon optel.

Sinoniem:
• knaap
• minnaar
• ou
• vent
• vlam

Antoniem:
• meisie
• nooi

Afgelei:
• kêrelkind
• kêrelmens
• oujongkêrel

Vertaling:
Engels: fellow, lad, chap, bloke, guy; boyfriend
Nederlands: kerel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fors
Volgende onderwerp: kers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 04:40:09 MGT 2024