Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geur
geur [boodskap #128070] So, 20 Oktober 2019 08:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geur
Afbreking: geur
Uitspraak: /χɪør/


Selfstandige naamwoord: geur
Meervoud: geure
Verkleinwoord: geurtjie
Meervoud van verkleining: geurtjies

Betekenis:
• Wat met die neus waargeneem kan word. Die gewaarwording van reuk, aroma of stank.

Gebruik:
• Hy kom op die geur af en vra onskuldig: "Is daar koffie?".
• Die geure uit die kombuis maak my rasend honger.
• Die vleis het al 'n (onaangename) geurtjie.

Sinoniem:
• aroma

Afgelei:
• geurig
• geurloos

Vertaling:
Engels: smell, aroma, odour, fragrance, scent, perfume
Nederlands: geur


Werkwoord: geur
Verlede tyd: het gegeur
Teenwoordige deelwoord: geurende

Betekenis:
• 'n Aangename reuk/aroma gee.

Gebruik:
• Sy geur die vleis met marinade.

Vertaling:
Engels: to flavour
Nederlands: geuren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: getrou
Volgende onderwerp: gevaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 00:35:11 MGT 2024