Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geheel
geheel [boodskap #128040] Vr, 18 Oktober 2019 06:47
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geheel
Afbreking: ge•heel


Selfstandige naamwoord: geheel
Meervoud:

Betekenis:
• Al die dele saam (sonder uitsondering).

Gebruik:
• Die geheel is dikwels groter as die som van die dele.
• 'n Mens moet na die geheel van die skildery kyk.

Sinoniem:
• samestelling

Antoniem:
• deel
• gedeelte
• onderdeel

Vertaling:
Engels: whole, entire
Nederlands: geheel


Byvoeglike naamwoord: geheel

Betekenis:
• Heeltemal; wat op alle dele sonder uitsondering betrekking het.

Gebruik:
• Die antwoord is geheel en al verkeerd.

Vertaling:
Engels: totally, completely, entirely
Nederlands: geheel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gedurig
Volgende onderwerp: geheim
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 11:49:29 MGT 2024