Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ekstra
ekstra [boodskap #127956] Di, 08 Oktober 2019 05:55
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18828
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ekstra
Afbreking: eks•tra


Selfstandige naamwoord: ekstra
Meervoud: ekstras
Verkleinwoord: ekstratjie
Meervoud van verkleining: ekstratjies

Betekenis:
• Iets bykomstigs; meer is as die gewone of normale (gewoonlik as verkleinwoord).

Gebruik:
• Ons het vir die karwag 'n ekstratjie vir sy moeite gegee.

Vertaling:
Engels: extra
Nederlands: extra


Byvoeglike naamwoord: ekstra
Attributief: ektra

Betekenis:
• Meer as wat nodig is; bykomend; bykomstig; addisioneel.

Gebruik:
• Hy kon die maand ekstra geld spaar vir sy nuwe fiets.

Vertaling:
Engels: extra, additional
Nederlands: extra


Bywoord: ekstra

Betekenis:
• Meer as die normale.

Gebruik:
• Sy moes ekstra hard leer vir die toets.

Vertaling:
Engels: extra
Nederlands: extra

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: saamtrek
Volgende onderwerp: elektrisiteit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 11:04:59 MGT 2024