Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vul
vul [boodskap #127952] Ma, 07 Oktober 2019 14:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Merrie met haar vul.
'n Merrie met haar vul.
vul
Afbreking: vul


Selfstandige naamwoord: vul
Meervoud: vulle, vullens
Verkleinwoord: vulletjie
Meervoud van verkleining: vulletjies

Betekenis:
• 'n Jong hoefdier soos die van 'n perd, donkie, sebra, kameel ens.

Gebruik:
• Die merrie en haar vul loop na die watergat.

Vertaling:
Engels: foal, filly
Nederlands: veulen, kachtel


Werkwoord: vul
Verlede tyd: het gevul
Teenwoordige deelwoord: vullend
Verlede deelwoord: gevulde

Betekenis:
• Om iets vol te maak.
• Aan 'n vul geboorte skenk.

Gebruik:
Vul die emmer met water. Het jy die bad tot bo gevul?
• Die merrie gaan binnekort vul.

Spreekwoord:
• As die hingste vul. [Nooit nie. Net 'n merrie kan vul.]
• Dit gebeur in die jaar nul as die hingste vul. [Dit gaan nooit gebeur nie.]
• Een gat grawe om 'n ander te vul. [Iemand benadeel om 'n ander te bevoordeel.]
• Praatjies vul geen gaatjies nie. [Met praat alleen rig 'n mens nie veel uit nie.]

Sinoniem:
• volmaak

Afgelei:
• invul
• vulgrond
• vulling
• vulsel

Vertaling:
Engels: to fill; to foal
Nederlands: vullen; veulenen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eksamen
Volgende onderwerp: kelner
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 20:17:29 MGT 2024