Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blind
blind [boodskap #127744] Sa, 14 September 2019 13:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18827
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Blinde man met 'n loopstok.
'n Blinde man met 'n loopstok.
blind
Afbreking: blind
Uitspraak: /blənt/


Byvoeglike naamwoord: blind
Vergrotende trap: blinder
Oortreffende trap: blindste
Attributief: blinde
Partitief: blinds
Intensief: stokblind, stekelblind

Betekenis:
• Die onvermoë om te kan sien (tydelik of permanent).

Gebruik:
• Die man is van geboorte af blind en is afhanklik van sy gidshond.
• Die vrou wat blind is lees braille.

Spreekwoord:
• Horende doof en siende blind. [Niks wil hoor of sien nie.]
• Jou blind staar op. [Niks anders wil raaksien of in ag neem nie.]
• Blind vir iemand se foute wees. [Onwillig wees om iemand se tekortkominge raak te sien.]
• Die liefde is blind. ['n Mens sien nie die gebreke in die voorwerp van jou liefde nie.]
• Niemand so blind as wie nie wil sien nie. [Iemand wat nie oortuig kan word nie, al weet hy hy is verkeerd.]

Vergelyking:
• so blind soos 'n mol.

Antoniem:
• siende

Afgelei:
• blindheid

Vertaling:
Engels: blind
Nederlands: blind

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blik
Volgende onderwerp: blink
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 03:49:16 MGT 2024