Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blaas
blaas [boodskap #127739] Sa, 14 September 2019 12:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18834
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Seun wat borrels blaas.
'n Seun wat borrels blaas.
blaas
Afbreking: blaas


Werkwoord: blaas
Verlede tyd: het geblaas

Betekenis:
• 'n Lugstroom veroorsaak, soos as mens asem uit die mond laat.
• 'n Blaasinstrument bespeel.

Gebruik:
• Hy blaas al die kerse dood.
• Sy blaas 'n vrolike deuntjie op haar blokfluit.

Spreekwoord:
• Jou eie basuin blaas. [Jou eie roem verkondig.]
• Gaan blaas doppies. [Gaan bars; verniet probeer.]
• Hy blaas die aftog. [Terugtrek, vlug of retireer.]
• Hy blaas net die vuur aan. [Hy sweep gevoelens op.]
• Sy blaas haar eie beuel. [Sy verkondig sy eie roem.]
• Sy blaas my iets in die oor. [Iemand iets vertrouliks vertel.]

Afgelei:
• afblaas
• inblaas
• opblaas
• uitblaas

Vertaling:
Engels: to blow, breathe, hiss
Nederlands: blazen


Selfstandige naamwoord: blaas
Meervoud: blase
Verkleinwoord: blasie
Meervoud van verkleining: blasies

Betekenis:
• (anatomie) Sak in die liggaam waar urine voor uitskeiding geberg word.
• 'n Holte wat met gas of water gevul is (soos 'n seertjie).

Gebruik:
• My blaas was so vol ek moes knyp en badkamer toe hardloop.
• Ek het 'n blaas waar my tekkies my geskaaf het.

Afgelei:
• blaasbalk
• blaasgat
• blaasgeluid
• blaasinfeksie
• blaasinstrument
• blaaspyp

Vertaling:
Engels: bladder; blister, bubble
Nederlands: blaas

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: binnekort
Volgende onderwerp: bladsy
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 07:41:40 MGT 2024