Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » biblioteek
biblioteek [boodskap #127734] Sa, 14 September 2019 10:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die Koninklike Biblioteek in Den Haag.
Die Koninklike Biblioteek in Den Haag.
biblioteek
Afbreking: bi•blio•teek
Uitspraak: /biblijuˈtiə̯k/


Selfstandige naamwoord: biblioteek
Meervoud: biblioteke
Verkleinwoord: bibliotekie
Meervoud van verkleining: bibliotekies

Betekenis:
• 'n Versameling of bêreplek van boeke; plek waar 'n klomp boeke gehou word wat mense kan lees en/of kan uitneem.

Gebruik:
• Ek het 'n boek by die biblioteek uitgeneem.

Sinoniem:
• boekery

Afkorting:
• bibl.

Afgelei:
• biblioteekboek
• biblioteekdiens
• biblioteekgebruiker
• biblioteekgeriewe
• biblioteekkunde
• biblioteekrak
• biblioteekwese

Vertaling:
Engels: library
Nederlands: bibliotheek
Venda: ḽaiburari
Zoeloe: umtapo wezincwadi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bewus
Volgende onderwerp: bid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 16:38:42 MGT 2024