Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » betrekking
betrekking [boodskap #127722] Sa, 14 September 2019 08:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
betrekking
Afbreking: be•trek•king


Selfstandige naamwoord: betrekking
Meervoud: betrekkings, betrekkinge
Verkleinwoord: betrekkinkie
Meervoud van verkleining: betrekkinkies

Betekenis:
• 'n Werk, pos of amp wat iemand beklee.
• Die verhouding wat tussen mense of lande bestaan.
• Verband tussen dinge.

Gebruik:
• Hy het 'n tydelike betrekking by die polisiekantoor gekry.
• Die land het geen diplomatieke betrekkinge met Suid-Afrika nie.
• Dit wat vir 'n eenmansaak met betrekking tot belasting geld, is ook op vennootskappe van toepassing.

Vertaling:
Engels: job, post, position, office; relation
Nederlands: betrekking

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: betref
Volgende onderwerp: betyds
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 02:26:05 MGT 2024