Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Batseba
Batseba [boodskap #127536] Vr, 23 Augustus 2019 19:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Batseba was die vrou van Uria, vir wie koning Dawid van Israel laat doodmaak het om met Batseba te kan trou. Sy was die moeder van Salomo (2 Sam. 11, 12; 1 Kon. 1,2).

Dawid pleeg owerspel met Batseba terwyl haar man in een van David se oorloë veg. In 2 Samuel 11 word vertel hoe Dawid vir Batseba afloer terwyl sy bad, en haar dan laat roep. Wanneer Batseba swanger raak, probeer Dawid sy misstap toesmeer. Dit gee aanleiding tot Uria se dood en die kind wat gebore word sterf. Nadat Dawid berou getoon het, raak Batseba weer swanger met Salomo, wat later die koning van Israel sou word.

In 1 Konings 1–2 sien ons hoe Batseba ’n sentrale rol in die keuse van Salomo as die opvolger vir Dawid speel.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Baton Rouge
Volgende onderwerp: Batten, Jean
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 06:18:23 MGT 2024