Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kalf
kalf [boodskap #127535] Vr, 23 Augustus 2019 15:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Koei met haar kalf.
'n Koei met haar kalf.
kalf
Afbreking: kalf


Selfstandige naamwoord: kalf
Meervoud: kalwers (kallers)
Verkleinwoord: kalfie
Meervoud van verkleining: kalfies

Betekenis:
• Die kleintjie van 'n soogdier, soos 'n bees, olifant of walvis.

Gebruik:
• Die blouwildebees se draagtyd is 8,5 maande, waarna 'n enkele kalf gebore word.

Spreekwoord:
• Die gemeste kalf slag. ['n Gebeurtenis luisterryk vier.]
• Die kalf is in die put. [Dis 'n saak van dringende belang.]
• Die kalf is verdrink. [Daar is nou niks meer aan die saak te doen nie.]
• Met 'n ander se kalf ploeg. [Gebruik maak van ander se idees en planne of dit jou eie is.]

Hiponiem:
• bulkalf
• olifantkalf
• speenkalf
• verskalf

Afgelei:
• kalfvleis

Vertaling:
Engels: calf
Nederlands: kalf


Werkwoord: kalf
Verlede tyd: het gekalf
Teenwoordige deelwoord: kalwende

Betekenis:
• Die lewe aan 'n soogdier skenk.
• Buite werking raak (as 'n koei kalf kan sy nie gemelk word nie en is sy buite produksie tot haar kalfie gespeen is).

Gebruik:
• Die walvisse paar en kalf in Yzerfontein se baai.
• My skootrekenaar het gekalf.

Sinoniem:
• breek
• ingee
• oppak

Afgelei:
• inkalf
• uitkalf
• wegkalf

Vertaling:
Engels: to calf
Nederlands: kalven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bome
Volgende onderwerp: oggend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 02:54:02 MGT 2024