Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Baton Rouge
Baton Rouge [boodskap #127520] Di, 20 Augustus 2019 06:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Baton Rougehet beskik oor die hoogste Kapitool in die ganse Amerika.
Baton Rougehet beskik oor die hoogste Kapitool in die ganse Amerika.
Baton Rouge (Frans vir "rooi stok") is 'n hawe- en die hoofstad van Louisiana in die Verenigde State van Amerika. Die stad lê aan die Mississippi, het ’n ruim rivierhawe en dryf groot handel in suiker, katoen, hout, ens.

Baton Rouge is sedert 1849 die hoofstad van Louisiana. Voor dit was New Orleans die hoofstad gewees. Daar is twee universiteite: die Louisiana State University en die Southern University. Die stad beskik oor die hoogste Kapitool (State Capitol building) in die VSA. Die gebou is 137 meter hoog.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Batoemi
Volgende onderwerp: Batseba
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 06:51:30 MGT 2024