Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bathurst
Bathurst [boodskap #127517] Ma, 19 Augustus 2019 21:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die groot pynappel net buite die dorp in die Oos-Kaap.
Die groot pynappel net buite die dorp in die Oos-Kaap.
Bathurst kan na een van die volgende verwys:

1. Dorpie in Oos-Kaap ongeveer 12 km vanaf Port Alfred op die R67-pad na Grahamstad. Dit was die eerste administratiewe sentrum van die Britse Setlaars van 1820. Die gebied is bekend vir sy pynappels.

2. Stadjie in Nieu-Suid-Wallis, Australië. Dit is die oudste binnelandse nedersetting in Australië en die middelpunt van ’n boerdery-, vrugte- en myngebied.

3. Vorige naam van Banjul, die hoofstad van Gambië (Gambia) in Wes-Afrika. Die stad is in 1816 gestig en was tot 1973 as Bathurst bekend. Grondbone en palmpitte word vanaf die hawe in die Gambiërivier uitgevoer.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bathlaping
Volgende onderwerp: Batiss, Walter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 11:30:07 MGT 2024