Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gras
gras [boodskap #127514] Ma, 19 Augustus 2019 16:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Gras.
Gras.
gras
Afbreking: gras
Uitspraak: /χrɑs/


Selfstandige naamwoord: gras
Meervoud: grasse
Verkleinwoord: grassie
Meervoud van verkleining: grassies

Betekenis:
• (plantkunde) Plant van die grasfamilie (Poaceae) met hol stingels, litte en smal blare wat soorte soos graan, rys en bamboes insluit.
• Die grasperk om 'n huis.

Gebruik:
• Kikoejoe is 'n kruipende, meerjarige gras met dik wortelstokke (risome) en bogrondse ranke.
• Die kinders speel buite op die gras.

Spreekwoord:
• Hy byt in die gras. [Hy val of sneuwel.]
• Die gras voor iemand se voete wegmaai. [Hom voorspring.]
• Dis nie alles gras wat groen is nie. [Skyn bedrieg.]
• Maak dit van die gras af. [Dood maak of uit die weg ruim.]
• Moenie gras daaroor laat groei nie. [Handel dit dadelik af.]
• Moenie gras onder jou voete laat groei nie. [Tree dadelik op.]
• Daar is 'n slang in die gras. [Daar is onraad. Die omstandighede lyk verdag.]
• Die verste gras is die groenste. [Wat ver is, lyk aanlokliker as iets wat naby is.]
• Hulle het gras daaroor laat groei. [Daaroor geswyg of toegelaat dat dit vergeet word.]
• Daar skuil 'n adder in die gras. [Daar is iets onaangenaams , gevaarliks onder 'n skoon skyn verborge.]

Afgelei:
• grasperk
• graspluim

Vertaling:
Engels: grass; lawn
Nederlands: gras

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: duisende
Volgende onderwerp: lakmoestoets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:17:04 MGT 2024