Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skoene
skoene [boodskap #127508] Ma, 19 Augustus 2019 05:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18817
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skoene op 'n skoenrak.
Skoene op 'n skoenrak.
skoene
Afbreking: skoe•ne


Selfstandige naamwoord: skoen
Meervoud: skoene
Verkleinwoord: skoentjie
Meervoud van verkleining: skoentjies

Betekenis:
• Meervoud van skoen; meer as een skoen. Skoeisels vir voete.

Gebruik:
• Die skoene se sole is deurgeloop.

Spreekwoord:
• Hy is te groot vir sy skoene. [Te voorbarig.]
• Adam en Eva se skoene aantrek. [Kaalvoet loop.]
• Vas in jou skoene staan. [Seker van jou saak wees.]
• Sy hart sink in sy skoene. [Sy moed begeef hom.]
• Sy moed het in sy skoene gesink. [Hy het moed verloor.]
• Hy stap met lood in sy skoene. [Teësinnig; onentoesiasties.]
• Die stoute skoene aantrek. [Dapper iets aandurf. Die moed versamel om iets te doen.]
• Ek wil nie graag in haar skoene staan nie. [Nie graag in haar posisie wees nie.]
• Iemand iets in die skoene skuif. [ Iemand ten onregte van iets beskuldig.]
• Moenie jou ou skoene weggooi voor jy nuwes het nie. [Moenie van ou goed ontslae raak voordat jy seker is dat jy nuwes het nie.]

Vertaling:
Engels: shoes, boots
Nederlands: schoenen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: offisieel
Volgende onderwerp: bespreek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 13:28:14 MGT 2024