Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bastille
Bastille [boodskap #127499] So, 18 Augustus 2019 16:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Bastille voor sy verwoesting.
Die Bastille voor sy verwoesting.
Die Bastille is 'n eertydse groot gevangeniskasteel in Parys; ca. 1370 begin as ’n gebou met twee torings; later is ses torings bygevoeg en die hoë mure deur ’n grag beskerm. So baie gevangenes is in die geheim of verkeerdelik agter die swaar deure opgesluit dat die Bastille ’n simbool van onreg geword het, en die verowering daarvan op 14 Julie 1789 kan beskou word as die begin van die Franse Revolusie, en dit word vandag nog as die nasionale dag van Frankryk gevier. Die gepeupel het die tronk aangeval en ná ’n paar uur van woeste gevegte is toegang verkry en die goewerneur vermoor; die verwoesting van die gebou het die volgende dag begin. ’n Bronspilaar met ’n vryheidsbeeld staan vandag op die plek waar die Bastille was.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bastiaanse, Wilhelm Ange François
Volgende onderwerp: Bastinado
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 00:55:00 MGT 2024