Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bastergemsbok (Bastereland)
Bastergemsbok [boodskap #127495] So, 18 Augustus 2019 07:28
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Bastergemsbok.
'n Bastergemsbok.
Die bastergemsbok is 'n groot, rooigrys wildsbok (Hippotragus equinus, familie Bovidae), effens donkerder na agtertoe; hare kort en grof maar lank onder die keel; voorkop en wange swart, maar neus, lippe en ken wit; ’n wit kolletjie met bossie wit hare voor die oog, en ’n tweede lê agter die oog; eienaardige lang neerhangende ore met ’n kwas aan die punt; maanhaar bruin en regop strek tot in die middel van die rug; pens wit en ’n taamlike lang stert met ’n swart kwaspunt. Pragtige, dikgeringde horings buig agteroor, maar nie so opvallend as by die swartwitpens nie. Koeie effens kleiner as die bulle, en met minder sterk ontwikkelde horings. Skouer-hoogte (bul), 51-60 dm., lengte 30 - 36 dm. ’n Tropiese dier met beperkte verspreidingsgebied in Suid-Afrika: kom voor in die Krugerwildtuin, Portugees-Oos-Afrika en wes tot in noordelike Namibië (Suidwes-Afrika). Die bastergemsbok is ’n kuddedier; word ook bastereland genoem en is nou verwant aan die swartwitpens.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bass-straat
Volgende onderwerp: Basterhartbees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:28:48 MGT 2024