Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bassel, Anna Margaretha (Anna M. Louw)
Bassel, Anna Margaretha [boodskap #127491] So, 18 Augustus 2019 06:40
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Anna Margaretha Bassel
Anna Margaretha Bassel
Anna Margaretha Bassel (1913-2003), pseudoniem Anna M. Louw, was 'n Afrikaanse skryfster. Sy publiseer onder meer Die onverdeelde Uur (1956), Die Koms van die Komeet (1957) en Kroniek van Perdepoort (1975). In 1976 bied die Afrikaanse Taal- en Kultuurbond ’n huldigingsgeleentheid ter ere van haar aan. In 1990 ken die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys ’n eredoktoraat aan haar toe en sy ontvang ’n goue medalje van die Premio Adelaide Ristori (’n Italiaanse onderskeidingstoekenning aan 'n vrou wat die gemeenskap op uitmuntende wyse gedien het). In 1996 vereer die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) haar met ’n oorkonde vir haar bydrae tot die bevordering van die Afrikaanse geskiedenis. Daarnaas verwerf sy ook die Olive Schreiner-prys vir prosa (1964), die Scheepers-prys vir jeugliteratuur (1968), WA Hofmeyr-prys (1971), Hertzogprys vir prosa (1976), WA Hofmeyr-prys (1977) en CNA-prys (1977).

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Basra
Volgende onderwerp: Bassiaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 05:59:47 MGT 2024