Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Basoetoland
Basoetoland [boodskap #127486] Sa, 17 Augustus 2019 09:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Basoetoland is 'n voormalige Britse kroonkolonie wat van 1884 tot 1966 bestaan het. Hierdie protektoraat het sedert 1960 ’n verkose wetgewende vergadering gekry met beperkte magte in binnelandse aangeleenthede onder beheer van die Britse regering. Dit het op 4 Oktober 1966 onafhanklik geword en staan sedertdien as die Koninkryk Lesotho bekend.

Die gebied is geheel en al binne die grense van die Republiek van Suid-Afrika geleë, van wie dit ekonomies afhanklik is, hoewel die Republiek daar geen seggenskap het nie. Die vernaamste landbouprodukte is mielies, koring en kafferkoring. Daar word ook met beeste, skape en bokke geboer.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Basil
Volgende onderwerp: Basra
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 12:06:11 MGT 2024