Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vang
vang [boodskap #127480] Sa, 17 Augustus 2019 07:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18817
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Rugbyspeler wat 'n bal vang.
'n Rugbyspeler wat 'n bal vang.
vang
Afbreking: vang


Werkwoord: vang
Verlede tyd: het gevang
Teenwoordige deelwoord: vangend
Verlede deelwoord: gevangde

Betekenis:
• In die lug onderskep. Om 'n voorwerp wat deur die lug beweeg te gryp en te keer dat dit verder beweeg.
• Om van vryheid te beroof; aankeer of arresteer.

Gebruik:
Vang die bal!
• Ek hoop die polisie het die dief gevang.

Spreekwoord:
• Hy kon slange vang. [Hy was baie kwaad.]
• Hy kan nie 'n vark vang nie. [Hy het bakbene.]
• Dom vang vir slim. ['n Slim mens begaan ook foute.]
• Ek kom nie om vlieë te vang nie. [Ek kom met 'n doel.]
• Slim vang sy baas. ['n Mens kan jou vasloop deur te slim te wil wees.]
• Een dief met 'n ander vang. ['n Skelm weet hoe skelms te werk gaan.]
• Hoë bome vang die meeste wind. [Mense in belangrike posisies word die meeste gekritiseer.]
• Hy probeer 'n aal aan sy stert vang. [Hy probeer die onmoontlike doen.]
• Hy probeer vlieë met heuning vang. [Vleitaal gebruik om jou doel te bereik.]
• Hy sit en vlieë vang. [Hy sit met 'n oop mond.]
• Hy vang haar oog. [Iemand se aandag trek.]
• Hy vang vis op droë grond. [Hy probeer die geheim tevergeefs uitvis.]
• Jy vang meer vlieë met 'n lepel stroop as met 'n vat asyn. [Met sagtheid bereik jy meer as met geweld.]
• Met asyn vang jy nie vlieë nie. [Deur vyandig op te tree, bereik 'n mens nie veel nie.]
• Met onwillige honde kan 'n mens nie hase vang nie. ['n Mens kan niks uitrig met mense wat dwarstrek nie.]
• 'n Arend vang nie vlieë nie. ['n Hoogstaande persoon steur hom nie aan kleinlike kritiek nie.]
• 'n Jakkals vang nie 'n skaap in die dag nie. ['n Skelm steel nie so dat hy maklik betrap word nie.]
• 'n Ou voël met kaf probeer vang. [Probeer om 'n ervare persoon te kul.]
• 'n Spiering uitgooi om 'n kabeljou te vang. ['n Kleinigheid waag om groot voordeel te trek.]
• Pasop as dom Jan vir slim Jan vang. [Moenie probeer om te slim te wees nie anders kom jy in die moeilikheid.]

Antoniem:
• gooi
• vrylaat

Afgelei:
• vanger
• vanghok
• vangnet
• vangstok
• vangtou
• vangwa

Vertaling:
Engels: to catch; to capture, arrest
Nederlands: vangen

Nota:
• In Afrikaans sê 'n mens nie jy vang 'n bus 'n trein nie, maar jy haal dit. Maak gou, anders gaan ons nie die bus haal nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: herhaal
Volgende onderwerp: kommentaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 15:07:29 MGT 2024