Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Basis
Basis [boodskap #127441] So, 11 Augustus 2019 14:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Basis in die skeikunde is 'n stof wat met ’n suur reageer om 'n sout en water te vorm. In die meetkunde is die basis van 'n driehoek die sy teenoor die toppunt. In die landmetery is 'n basis (of basislyn) 'n reguit lyn wat as grondslag vir berekeninge dien.


'n Basis, ook 'n alkali genoem, is 'n oplossing met 'n pH-waarde hoër as 7 wat lakmoespapier blou kleur. Sure word deur basisse geneutraliseer deur dit in 'n sout en water om te skakel.

'n Swak basis, soos aluminiumhidroksied, kan gebruik word vir die tydelike neutralisering van maagsuur. Tandepasta is ook 'n swak basis en neutraliseer die suur wat deur die bakterieë op tande geproduseer word soos hulle suikers verteer.

Sterk basisse is net so gevaarlik (of nog gevaarliker) as sterk sure en veroorsaak ernstige weefselbeskadiging. Een voorbeeld van 'n sterk base is bytsoda.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Basel
Volgende onderwerp: Baske
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:37:29 MGT 2024