Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Swartwattel (Wattelboom, Swart)
Swartwattel [boodskap #127435] So, 11 Augustus 2019 08:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Jong swartwattel.
'n Jong swartwattel.
Die swartwattel of basboom (Acacia mearnsii, vroeër A. mollissima) is 'n boom en indringerplant in Suid-Afrika wat inheems is aan die suidooste van Australië en Tasmanië. Die boom groei in grasvelde, langs paaie, waterlope en woudrande. Sien Akasia.

Die boom is oorspronklik uit Australië na Suid-Afrika ingevoer vir windskerms. Dit is op groot skaal in Transvaal en Natal gekweek vir die bas wat een van die vier belangrikste leerlooistowwe in die wêreld lewer. Bas word gestroop as bome ongeveer agt jaar oud is en daarna gedroog. Dit bevat tot 37% looistof. Die wêreld se belangrikste looistof kom van die binneste hout van ’n boom Schinopsis Lorentzii wat in Argentinië groei. ’n Ernstige plaag onder die basbome in Natal is die sakwurm wat die blare van die bome vreet. Die bas en die ekstrak wat van die bas verkry word, was ’n belangrike uitvoerproduk. In 1953 het die waarde byna £8 miljoen beloop.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Basan
Volgende onderwerp: Basel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 02:28:25 MGT 2024