Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Kostelike kinder kwinkslae
Kostelike kinder kwinkslae [boodskap #12714] Do, 19 Februarie 1998 00:00
Danie Martins  is tans af-lyn  Danie Martins
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek stuur drie keer per week kostelike goed wat kinders
gesê het aan 'n groep Internetters. Ek plaas hieronder
'n paar as voorbeeld. Indien jy dit ook wil ontvang, gooi
net 'n nota in my "posbus". Ek belowe om geen gemorspos
aan jou te stuur nie.

KINDERSÊGOED:

My sussie was seker so vyf toe sy vir haar verjaarsdag
'n doktersstelletjie gekry het. Daar was goed in wat
dokters normaalweg sou gebruik. Dit was natuurlik
om al haar siek poppe mee te dokter. Onder andere
was daar ook 'n termometer in. Dit was die eerste keer
dat sy so iets sien. Sy het die ding gevat en bekyk en vir
ma gevra wat vir 'n ding dit dan sou wees. Nadat ma
beduie het was haar vraag: "Maar Ma, waar wen mens
die ding dan op of gebruik hy 'n battery?"

%%%%%%%%%

Die kleutertjie het die dag by die skool die liedjie
"Aanstap rooies" geleer. Die middag moet Ma tot
vervelens die liedjie oor en oor en oor beluister. Ma
kom later agter dat kleinding die lied nie baie reg sing
nie. Luister Ma mooi en sy hoor die dogtertjie sing:
"Aanstap vlooie die pad is lank en slap."

%%%%%%%%%

Die jonge Gerrit was 'n spaarsamige kêrel, want dit
is mos 'n deug, so sê Oupa. Seker daarom dat hy vir
Oupa wil kom beindruk. "Oupa, Oupa weet, My
spaar varkie is al vol. Hy is propvol. Om die waarheid
te sê hy is prop-prop-propvo!!"
"O ja? antwoord oupa.
"Ja, Oupa, so vol lat ek nie eers nog 'n sent kan inkry
nie. Ek kan hom skaars optel so swaar is hy! Jig ......
en as hy dalk p'rongelik op Oupa se toon val, sal Oupa
gil soos 'n hoender."

%%%%%%%%%

Pa, Ma en die kinders was in die dorp waar daar 'n
nuwe tak van Mister Rooster geopen is. Vir reklame
doeleindes was daar 'n tamaai groot hoenderhaan
wat aan al die kinders lekkers uitgedeel het. Die man
in die hoenderhaankostuum sien vir Charl en dink
"a-haa, hier is kleuter wie se gesindheid hy gaan wen
met 'n suigstokkie" en bied hom een aan. So met die
naderkom sien Charl, "maar hier is dan 'n mensekop
binne-in die hoenderkop". Hy retireer benoud en Ma
sê: "toe jong vat by hom 'n sweety". "Neeeee !!!! ek
sillie dit by hom vat nie, hy't al klaar 'n swartman
ingesluk en wie sê hy is nie nog honger nie?".

%%%%%%%%%

Danie [dm...@lantic.co.za]
http://www.global.co.za/~pretblad
Vorige onderwerp: Meel
Volgende onderwerp: Re: Nederlandstalige moppen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 11:57:09 MGT 2024