Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » knie
knie [boodskap #126670] So, 16 Junie 2019 20:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Knie.
'n Knie.
knie
Afbreking: knie




Selfstandige naamwoord: knie
Meervoud: knieë
Verkleinwoord: knietjie
Meervoud van verkleining: knietjies

Betekenis:
• Die gewrig wat die onder- met die bobeen verbind.

Gebruik:
• Die seun het sy knie stukkend geval.
• Sy het my op my knie geskop.

Spreekwoord:
• Hy het dit onder die knie. [Hy verstaan dit.]
• Sy moet die knie buig. [Die stryd gewonne gee.]
• Voor Baäl die knie buig. [Afvallig word; die ware leer versaak.]

Wisselvorm:
• knieg

Afgelei:
• knieband
• kniebesering
• kniegewrig
• kniekop
• knieskut
• knieskyf

Vertaling:
Engels: knee
Nederlands: knie


Werkwoord: knie
Verlede tyd: het geknie

Betekenis:
• Soepel maak; met die hande brei, deurwerk.

Gebruik:
• Die bakker knie die deeg om brood te bak.

Verwant:
• knie-emmer
• kniebaar

Vertaling:
Engels: to knead
Nederlands: kneden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: metaal
Volgende onderwerp: owerspel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 19:48:46 MGT 2024