Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » samestelling
samestelling [boodskap #126659] So, 16 Junie 2019 15:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
samestelling
Afbreking: sa•me•stel•ling
Uitspraak: /ˈsɑːməstɛləŋ/




Selfstandige naamwoord: samestelling
Meervoud: samestellings, samestellinge

Betekenis:
• Die onderdele waaruit iets bestaan; opbouing; konstruksie.
• (taalkunde) 'n Woord gevorm deur twee of meer onafhanklike woorde aan mekaar te koppel (basis + basis).

Gebruik:
• In die analitiese chemie word gepoog om die samestelling van 'n materiaal te bepaal.
• "Huisdeur" is 'n samestelling van die woorde "huis" en "deur".

Antoniem:
• afleiding

Vertaling:
Engels: composition, compound
Nederlands: samenstelling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: priemgetal
Volgende onderwerp: woordsoort
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 00:14:03 MGT 2024