Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fiets
fiets [boodskap #126648] Sa, 15 Junie 2019 16:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Fiets.
'n Fiets.
fiets
Afbreking: fiets
Uitspraak: /fits/




Selfstandige naamwoord: fiets
Meervoud: fietse
Verkleinwoord: fietsie
Meervoud van verkleining: fietsies

Betekenis:
• Vervoermiddel met twee wiele wat deur spierkrag en pedale voortbeweeg word.

Gebruik:
• My fiets het 'n pap wiel gekry.

Sinoniem:
• baiesukkel
• gatsaag
• rywiel
• trapfiets
• ysterperd

Hiponiem:
• bergfiets
• resiesfiets
• tandemfiets

Afgelei:
• fietsband
• fietshelm
• fietsrak
• fietsry
• fietsslot
• fietswiel
• fietswinkel

Verwant:
• bromfiets
• motorfiets

Homofoon:
• viets (netjies, deftig en sjiek)

Vertaling:
Engels: bicycle, bike, cycle
Nederlands: fiets


Werkwoord: fiets
Verlede tyd: het gefiets

Betekenis:
• Om met 'n fiets te ry.

Gebruik:
• Hy kry 'n pap wiel terwyl hy na die werk fiets.
• Sy het inderhaas na die mark gefiets.

Sinoniem:
• fietsry

Vertaling:
Engels: to bicycle, bike
Nederlands: fietsen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: viets
Volgende onderwerp: afleiding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:21:08 MGT 2024