Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Maandag
Maandag [boodskap #126644] Sa, 15 Junie 2019 15:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Maandag
Afbreking: Maan•dag
Uitspraak: /ˈmɑːndɑχ/




Selfstandige naamwoord: Maandag
Meervoud: Maandae
Verkleinwoord: Maandaggie
Meervoud van verkleining: Maandaggies

Betekenis:
• Die tweede dag van die week; eerste dag van 'n werkweek; die dag na Sondag en voor Dinsdag.

Gebruik:
Maandag is die mees gehate dag van die week.

Spreekwoord:
• Ek hou Maandag. [Ek doen niks.]
• Elke blou Maandag. [Af en toe.]
• Dis 'n blou Maandag. [Dis 'n dag waarop alles verkeerd loop.]

Afkorting:
• Ma.

Afgelei:
• Paasmaandag
• Maandagaand
• Maandagmiddag
• Maandagnag
• Maandagoggend
• Maandagsiekte

Vertaling:
Engels: Monday
Ndebele: uMvulo
Nederlands: maandag
Sotho: Mosupalogo, Mantaha
Swazi: uMsombuluko, uMvulo
Tswana: Mosupologo
Venda: Musumbuluwo, nga Musumbuluwo
Xhosa: uMvulo, ngoMvulo
Zoeloe: uMsombuluko, uMvulo, ngoMsombuluko, ngoMvulo

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voetstoots
Volgende onderwerp: wolhaarstorie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:22:29 MGT 2024