Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » môre
môre [boodskap #126642] Sa, 15 Junie 2019 11:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
môre
Afbreking: mô•re
Uitspraak: /ˈmoːrə/




Bywoord: môre

Betekenis:
• Die volgende dag; die dag ná vandag.
• Eerskomende dag.

Gebruik:
• Ons gaan môre op vakansie.

Wisselvorm:
• more (minder gebruiklik)

Antoniem:
• gister

Verwant:
• oormôre

Vertaling:
Engels: tomorrow
Nederlands: morgen
Sotho: gosasa
Swazi: kusasa
Venda: matshelo
Xhosa: ngomso
Zoeloe: kusasa, ngomuso


Selfstandige naamwoord: môre
Meervoud: môres

Betekenis:
• Tyd tussen die nag en die volle dag of tussen dagbreek en twaalfuur.

Gebruik:
• Die môre na die partytjie was almal besonder stil gewees.

Sinoniem:
• oggend

Vertaling:
Engels: morning
Nederlands: morgen, ochtend
Xhosa: intsasa
Zoeloe: isasa


Tussenwerpsel: môre

Betekenis:
• Groetvorm in die oggend.

Gebruik:
Môre, môre! Het jy lekker geslaap?
• Goeie môre! Môre is niks, wat van vandag?

Verwant:
• goeiemôre
• middag
• môresê
• naand

Vertaling:
Engels: morning
Nederlands: morgen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: naamwoord
Volgende onderwerp: voetstoots
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 02:23:59 MGT 2024