Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » naamwoord
naamwoord [boodskap #126641] Sa, 15 Junie 2019 11:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
naamwoord
Afbreking: naam•woord
Samestelling: naam + woord




Selfstandige naamwoord: naamwoord
Meervoud: naamwoorde
Verkleinwoord: naamwoordjie
Meervoud van verkleining: naamwoordjies

Betekenis:
• (grammatika) 'n Woord wat na 'n mens, ding of dier verwys. Woord wat 'n persoon of saak noem, bepaal of aandui.

Gebruik:
• Woorde soos Piet, bed, skool, kind, boom, ons en julle is naamwoorde.
• 'n Naamwoord kan 'n selfstandige naamwoord, byvoeglike naamwoord, eienaam, toponiem, ens. wees.

Sinoniem:
• nomen

Hiponiem:
• byvoeglike naamwoord
• selfstandige naamwoord
• voornaamwoord

Afgelei:
• naamwoordelik
• naamwoordgroep
• naamwoordvorm

Afkorting:
• nw.

Vertaling:
Engels: noun
Nederlands: naamwoord

Nota:
• As mens wil toets of 'n woord 'n naamwoord is, probeer "'n" of "die" voor die woord plaas en kyk of dit sin maak.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lariks
Volgende onderwerp: môre
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 06:14:27 MGT 2024