Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » meisie
meisie [boodskap #126633] Sa, 15 Junie 2019 08:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18624
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Meisies
Meisies
meisie
Afbreking: mei•sie
Uitspraak: /ˈməɪ̯si/




Selfstandige naamwoord: meisie
Meervoud: meisies
Verkleinwoord: meisietjie
Meervoud van verkleining: meisietjies

Betekenis:
• 'n Jong vroulike persoon; kind van die vroulike geslag; dogter.
• 'n Ongetroude jong vrou in die algemeen.
• 'n Manlike persoon se spesiale vriendin; geliefde; ghantang.
• Aanspreekvorm vir 'n meisie, jong vrou of ghantang.

Gebruik:
• Die egpaar het 'n meisie ryker geword.
• Die seuns baklei oor die nuwe meisie.
• Ek en my meisie gaan vanaand fliek.
• Jammer meisie, waar is die naaste apteek?

Spreekwoord:
• Jou latjiebeen hou by 'n meisie. [By 'n meisie aanlê.]
• 'n Meisie stompoor sny. [Jou 'n meisie toeëien asof sy joune is.]
• Hy ry aandskof by die meisie. [Hy kuier in die aand by die meisie.]

Sinoniem:
• aster
• doedie
• dogter
• meisiekind
• nonna
• nooi

Antoniem:
• seun
• kêrel

Vertaling:
Engels: girl
Nederlands: meisje, meiske
Venda: musidzana, ṅwananyana
Xhosa: intombazana, intombi
Zoeloe: intombazane, intombi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ly
Volgende onderwerp: takbok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 08:34:45 MGT 2024