Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bantjes, Jan Gerritze
Bantjes, Jan Gerritze [boodskap #126356] Sa, 01 Junie 2019 20:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jan Gerritze Bantjes (1817 - 1887) was die sekretaris-generaal van die Voortrekkers. Hy het onder andere die verdrag tussen die Zoeloe-koning Dingaan en die Voortrekkers onder Andries Pretorius opgestel.

Bantjes is op Beaufort-Wes gebore en sluit as jong man van 20 jaar te Thaba Nchu by die Groot Trek aan. Vanweë sy geleerdheid tree hy as Gert Maritz en Piet Uys se sekretaris op. Ná hul dood tree hy in dieselfde hoedanigheid vir Andries Pretorius op en is ook klerk vir die eerste Volksraad van die Republiek Natalia. Hy was onder meer ook voorleser en voorsinger in die Gelofte-kerkie. Hy vergesel die Wenkommando teen die Zoeloes en stel ’n betroubare "journaal" oor die verloop van die gebeurde op wat later in De Zuid-Afrikaan verskyn het. Tot 1840 was hy "prokureur" te Pietermaritzburg waarna hy 25 jaar lank in die omgewing van Humansdorp skoolgehou het. In 1865 het hy na Potchefstroom verhuis waar hy as leermeester oorlede is.

Die Bantjes-goudmyn is na sy oudste seun, Jan Gerritze (1843-1914) vernoem, 'n prospekteerder wat beweer het dat hy die hoofrif op die Witwatersrand ontdek het. Dié seun het ook 'n mislukte poging aangewend om die Bantjes-miljoene na te spoor.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Banting, sir Frederick Grant
Volgende onderwerp: Bantock, Granville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 08:34:45 MGT 2024