Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Studieskuld
Studieskuld [boodskap #126353] Sa, 01 Junie 2019 20:04 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Jare lank het 'n bedelaar voor die koöperasie gesit en die jammerhartige boer het elke maand as hy sy goedjies kom koop vir die stomme man R30 gegee.

Een maand begin die boer egter om net R20 te gee. Die bedelaar is 'n bietjie dikbek, maar aanvaar dit maar.

‘n Jaar later gee die boer net R10 en die bedelaar vererg hom:
"Haai ou," sê hy,
"toe jy van R30 na R20 afgekom het was ek geduldig, maar nou gee jy net R10. Hoekom so min?"

"Ag ek is jammer meneer," antwoord die boer verleë.
"Jy sien, my seun is verlede jaar technikon toe en dit kos my baie geld,
sodat ek nie genoeg geld gehad het om jou elke keer R30 te gee nie.
En nou is my dogter universiteit toe en dit kos nog meer geld..
"

"Hoor hier, hoeveel kinders het jy?" vra die bedelaar.
"Daar is nog twee in die hoërskool," antwoord die boer.
"Wel, ek hoop nie jy is van plan om hulle almal op my koste te laat leer nie!"
Re: Studieskuld [boodskap #127702 is 'n antwoord op boodskap #126353] Wo, 11 September 2019 08:54 Na vorige boodskap
Jamie  is tans af-lyn  Jamie
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 2019
Karma: 0
Junior Lid
Dit goed gedoen.
Vorige onderwerp: Die kat kom weer
Volgende onderwerp: Omgeruil
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 20:48:44 MGT 2024