Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hand
hand [boodskap #126310] Sa, 01 Junie 2019 05:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Groot en 'n klein hand.
'n Groot en 'n klein hand.
hand
Afbreking: hand
Uitspraak: /ɦɑnt/




Selfstandige naamwoord: hand
Meervoud: hande
Verkleinwoord: handjie
Meervoud van verkleining: handjies

Betekenis:
• Liggaamsdeel van 'n mens met vyf vingers, aan die einde van die arm, gebruik om mee te vat en te werk.

Gebruik:
• Sy steek haar hand op om 'n vraag te vra.
• In die Boere-oorlog was daar seuns so jonk as tien op ’n perd en met ’n geweer in die hand.

Spreekwoord:
• Die hand aan die ploeg slaan. [Begin werk.]
• Die hand op die hart lê. [Plegtig verklaar.]
• Die hand uit die mou steek. [Jou inspan.]
• Die hand wat die wieg skommel, regeer die wêreld. [Die moeder oefen die grootste invloed in die wêreld uit.]
• Die hef in die hand hê. [Die mag in die hand hê.]
• Dit is soos 'n skeermes in die hand van 'n aap. [Dis onbruikbaar; dien geen doel nie.]
• Dit was soos jy jou hand omdraai. [Dit was skielik.]
• Een voël in die hand is beter as tien in die lug. [Wat seker is, is bo die onsekere te verkies.]
• Ek het dit van die hand gewys. [Geweier.]
• Ek moet dit van die hand sit. [Verkoop.]
• Gee hom 'n pinkie, dan vat hy die hele hand. ['n Mens eien hom meer toe as wat jy hom wil toelaat.]
• Gee 'n man 'n vinger, dan vat hy die hele hand. ['n Mens is gewoonlik nie tevrede met wat hy mag doen nie, maar eien hom meer toe.]
• Grys wees waar die hoender die hand gebyt het. [Uitgeslape wees.]
Hand en mond belowe. [Nadruklik belowe.]
• Hy eet uit my hand. [Hy is in my mag.]
• Hy het dit by die hand. [Gereed hê.]
• Hy het 'n oop hand. [Hy is vrygewig.]
• Hy hou my in die holte van sy hand. [Heeltemal in iemand se mag wees.]
• Hy sit met sy hand vol vlieë. [Al jou moeite het jou niks in die sak gebring nie.]
• Hy steek sy hand diep in sy sak. [Hy gee of betaal baie vir iets.]
• Iemand die hand reik. [Iemand help.]
• Iemand in die palm van jou hand hê. [Iemand in jou mag hê.]
• Iemand se hand in die as slaan. [Iemand oortref; iemand uitsit by sy meisie.]
• Iets aan die hand gee. [Iets voorstel.]
• Met hand en tand beveg. [Met alles in jou vermoë en tot jou beskikking.]
• Met jou hoed in die hand, kom 'n mens deur die ganse land. [Deur beleef te wees, kom 'n mens ver.]
• Met jou hoed in die hand na iemand gaan. [Iemand eerbiedig nader.]
• Steek jou hand in eie boesem. [Jou gewete ondersoek en skuld erken.]
• Sy het 'n toe hand. [Sy is suinig.]
• Van die hand in die tand lewe. [Elke dag uitgee wat jy verdien.]
• Van die hand na die mond val die pap op die grond. [Op die laaste oomblik kan iets nog verkeerd gaan.]

Meroniem:
• duim
• palm
• vinger

Holoniem:
• arm
• liggaam

Hiponiem:
• regterhand
• linkerhand

Afgelei:
• handearbeid
• handdoek
• handdruk
• handgemeen
• handgreep
• handpalm
• handrem
• handskoen
• handskrif
• handtekening
• handbreedte
• handlanger

Vertaling:
Engels: hand
Nederlands: hand
Venda: tshanḓa
Xhosa: isandla
Zoeloe: isandla

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: inligting
Volgende onderwerp: gekenmerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 12:55:31 MGT 2024