Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Band
Band [boodskap #126235] Di, 28 Mei 2019 07:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ou motorbande.
Ou motorbande.
'n Band is die loopvlak om die velling van ’n wiel, bv. die metaalband om ’n karwiel van hout. Dit word kleiner gemaak as die omtrek van die wiel, verhit om uit te sit en om die velling gekrimp - die wiel word "gekort" - sodat die band die velling styf om die speke vastrek. ’n Soortgelyke proses word gebruik om spoorwegwiele te kort. Soliede rubberbuitebande is vroeër algemeen gebruik vir trapfietse. Die eerste patent vir pneumatiese (d.w.s. met lug gevulde) buitebande is in 1845 geregistreer deur Robert William Thompson (1822 - 1873). Daar het egter niks van gekom nie, en in 1888 het John Boyd Dunlop (1840 - 1921) ’n veearts van Belfast, Ierland, weer so ’n band gepatenteer. Eers is sulke bande net aan trapfietse gebruik. In 1895 is die eerste pneumatiese bande aan ’n motor gesit. Hierdie bande het almal ’n binneband gehad, beskerm deur ’n buite- band. ’n Veel later ontwikkeling was die binnebandlose buiteband.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Banaras
Volgende onderwerp: Bang, Herman Joachim
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 19:39:05 MGT 2024