Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » doel
doel [boodskap #126103] Do, 23 Mei 2019 06:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
doel
Afbreking: doel




Selfstandige naamwoord: doel
Meervoud: doeleindes

Betekenis:
• Wat mens voor werk; wat jy wil bereik.

Gebruik:
• Die doel van die vergadering is om ons klub se finansies reg te ruk.

Spreekwoord:
• Hy tref die doel. [Die regte ding sê.]
• Die doel heilig die middele. [Tot die bereiking van 'n goeie doel is alle middele geoorloof.]

Sinoniem:
• mikpunt
• oogmerk
• plan
• voorneme

Hiponiem:
• hoofdoel
• subdoel

Vertaling:
Engels: goal, target, aim, purpose, motive
Nederlands: doel


Selfstandige naamwoord: doel
Meervoud: doele
Verkleinwoord: doeltjie
Meervoud van verkleining: doeltjies

Betekenis:
• (sport) Een van die twee gemerkte ruimtes op 'n sportveld waar punte aangeteken word.
• (sport) Die punte wat 'n span verdien as 'n bal korrek daarin beland.

Gebruik:
• Die doel op die speelveld het nie 'n net op nie.
• Die netbalspeler het 'n doel geskiet.

Verwant:
• verdoel
• doelgebied
• doelhok
• doelpaal
• doelwagter

Vertaling:
Engels: goal, post
Nederlands: doel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eindelik
Volgende onderwerp: onderwys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 22:53:05 MGT 2024