Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Balfour, Arthur James
Balfour, Arthur James [boodskap #126098] Wo, 22 Mei 2019 20:16
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Arthur James Balfour
Arthur James Balfour
Arthur James Balfour (1848 - 1930) was 'n Britse Konserwatiewe staatsman; graaf Balfour 1922; eerste minister 1902 - 05; in Wêreldoorlog I deur Lloyd George op ’n sending na die V.S.A. gestuur, waar hy die beroemde Balfour-verklaring (1917) gedoen het dat Palestina ’n nasionale tuiste vir die Jode gemaak sou word. In 1926 was hy voorsitter van ’n Imperiale Konferensie in Londen waarop die Unie deur genl. Hertzog verteenwoordig is. ’n Rapport, ook bekend as die Balfour-verklaring, is aangeneem waarin die onderlinge verhoudinge van die ledelande van die Britse Statebond omskryf is. Die omskrywing is in 1931 opgeneem in die Statuut van Westminster.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Baleare
Volgende onderwerp: Bali
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 14:31:23 MGT 2024