Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » weg
weg [boodskap #126097] Wo, 22 Mei 2019 19:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
weg
Afbreking: weg
Uitspraak: /vɛχ/




Selfstandige naamwoord: weg
Meervoud: weë
Verkleinwoord: weggie
Meervoud van verkleining: weggies

Betekenis:
• 'n Pad of straat; smal strook grond vir verkeer; baan of roete wat twee of meer plekke met mekaar verbind.
• 'n Manier om iets te bereik of reg te kry.

Gebruik:
• Betogers het die weg met brandende bande versper. Ons moes dus 'n ander weg kies.
• Ons kom goed oor die weg. Probeer die probleem deur 'n ander weg oplos. Ek hoop hy vind sy weg voordat dit te laat is.

Spreekwoord:
• Waar 'n wil is, is 'n weg. [As mens wil, kan hy baie vermag.]
• Hy baan die weg vir ons. [Skep die geleentheid.]
• Jy moet dit uit die weg ruim. [Van ontslae raak; verwyder; vernietig.]

Vertaling:
Engels: way, road, path, route
Nederlands: weg


Bywoord: weg

Betekenis:
• Van die huidige plek verwyder; êrens anders; afgeleë.
• Onvindbaar; kan nie gekry word nie; verlore.
• Oor of verby.

Gebruik:
• Hy loop van die sirkus af weg.
• Dit kan tog nie net weg wees nie?
• Die pyn op my maag is weg.

Spreekwoord:
• As die kat weg is, is die muis baas. [Sonder goeie bestuur maak die mense nes hulle wil.]
• Sak en pak weg. [Met alle besittings vertrek.]
• Sy bont varkie is weg. [Effens mal.]

Vertaling:
Engels: away, missing, gone
Nederlands: weg


Tussenwerpsel: weg

Betekenis:
• Iets of iemand verjaag; loop! trap!

Gebruik:
Weg met hom! Weg met hom! Kruis toe!

Sinoniem:
• voertsek

Vertaling:
Engels: go away!
Nederlands: ga weg!

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: besit
Volgende onderwerp: voertsek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:10:17 MGT 2024