Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Stemdag - 8 Mei 2019
Stemdag - 8 Mei 2019 [boodskap #125637] Di, 07 Mei 2019 13:28 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ek hoop almal wat daartoe in staat is sal môre gaan stem.
Vir die wat nog 'n keuse moet maak, behoort die volgende URL te help:

https://solidariteit.co.za/stem-bepaler/

• Die stemlokale open 07:00 en sluit 21:00 die aand.
• Onthou om u ID-dokument, -kaart of tydelike bewys van ID saam te neem.
• Maak seker dat u twee stembriewe ontvang, beide moet agterop gestempel wees.

Terloops, as u buite u stemdistrik is, kan u by enige ander stemlokaal in Suid-Afrika gaan stem. Mense wat buite hul geregistreerde provinsie is, sal net aan die nasionale verkiesing kan deelneem, maar nie aan die provinsiale verkiesing nie.

Sterke en neem water saam vir as die toue lank is!
Re: Stemdag - 8 Mei 2019 [boodskap #125709 is 'n antwoord op boodskap #125637] Sa, 11 Mei 2019 07:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
Die dag was natuurlik nie sonder sy grappies nie:

Suig 'n "strepsil" voor die tyd om seker te maak jou stem is reg.

Wat noem jy 'n seun wat op verkiesingsdag gebore is?
A: Wouter

Stemdag is een van daai rare geleenthede wat jy en jou vrou saam kan stem.
Re: Stemdag - 8 Mei 2019 [boodskap #125742 is 'n antwoord op boodskap #125709] Sa, 11 Mei 2019 19:46 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die finale uitslag is vandag bekendgemaak.

In vergelyking met die vorige verkiesing (2014) gaan die parlement as volg daaruitsien:
ANC: 256 setels (-23)
DA: 88 setels (-3)
EFF: 50 setels (+20)
IVP: 14 setels (+ 4)
VF+: 10 setels (+7)
Vorige onderwerp: As leuens wen en onskuldige mense boet
Volgende onderwerp: Piet Botha oorlede
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:52:12 MGT 2024