Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Asch, Sjalom
Asch, Sjalom [boodskap #125452] Di, 23 April 2019 18:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sholem Asch in 1940.
Sholem Asch in 1940.
Sjalom Asch (1880-1957) was Pools-Jiddisje skrywer wie se werke die probleme van die Jode in die 20ste eeu behandel. Die belangrikste hiervan sluit in: ’n Pogrom, Die Nasarener en God van Wraak.

Asch is as Szulim Asz in 'n gesin van tien kinders gebore. Op 34 vertrek hy na Amerika, waar sy boeke dikwels topverkopers was, veral nadat hulle vir die eerste keer uit Jiddisj in Engels en ander tale vertaal is. Sy romans, novelles en toneelstukke oor die lewe van die Jode, wat in sowel die hede as die verlede afspeel, is in breë kring waardeer. Hy was veral bekend vir sy Bybelverhale soos die Nasarener, die Apostel en Maria (1949). Asch het al vroeg die gevaar van nasionaal-sosialisme verstaan, waarteen hy sterk gekant was. Dit bring hom in kontak met Hendrik Willem van Loon, by wie hy dikwels aan huis gegaan het. Saam publiseer hulle anti-Hitler geskrifte, wat in 1941 o.a. sy geloofsbelydenis "What I Believe" oplewer. Sjalom is in Londen oorlede, maar hy het sy laaste jare in beide Israel en Engeland gewoon. Sy huis in Israel is in 'n museum omskep.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ascension
Volgende onderwerp: Aschelminthes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 23:39:16 MGT 2024