Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ark van die Verbond (Verbondsark)
Ark van die Verbond [boodskap #125393] So, 21 April 2019 08:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die dra van die verbondsark (reliëf in die katedraal Sainte-Marie d'Auch.
Die dra van die verbondsark (reliëf in die katedraal Sainte-Marie d'Auch.
Die Ark van die Verbond was 'n heilige kis van akasiahout gemaak deur die Israeliete, ooreenkomstig die bevel van God aan Moses. In die ark was die kliptafels van die Tien Gebooie. Die ark was ’n sinnebeeld van die Joodse geloof en het as sodanig ’n ereplek in Jerusalem gehad (Ex. 25; 1 Kon. 8).

Die Ark is deur Basaleël tydens die uittog uit Egipte by Berg Sinai gemaak. Dit was ’n draagbare kis wat met goud oortrek was. Die kis se afmetings was 2,5 x 1,5 x 1,5 el, of by benadering 1,25 x 0,75 x 0,75 meter. Op die deksel was twee gerubs wat op die deksel afkyk met hulle vlerke wat oor die deksel uitsprei. Dit het gestaan in die Heilige van die Allerheiligste, die binnenste ruimte van die tabernakel, en later op dieselfde plek in Salomo se Tempel in Jerusalem.

Daar word vir die laaste keer uitdruklik na die ark verwys in 1 Konings 8, in die tyd van Salomo. Dit is nie duidelik wat meet die Ark gebeur het nie, maar Jeremia 3:16-17 verwys na die tyd toe die ark nog bestaan het, en dat dit nie weer hermaak sal word nie.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Arkadië
Volgende onderwerp: Arkansas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 13:51:26 MGT 2024