Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Arkadië
Arkadië [boodskap #125392] So, 21 April 2019 08:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Voorstelling van die utopiese Arkadië, deur Thomas Eakins.
'n Voorstelling van die utopiese Arkadië, deur Thomas Eakins.
Arkadië is 'n bergstreek in die middel van die Peloponnesus (die grootste skiereiland van Griekeland). Onder die Griekse digters wat dit bekend as die oord van stille geluk - vandaar die Arkadiese poësie (herderspoësie).

Arkadië kan ook verwys na 'n denkbeeldige utopiese land vol blomme, vrugte en bosse, helder water, voëlsang en 'n ewige somer. Die naam kom van die gelyknamige Griekse streek. In die klassieke oudheid is hierdie elemente deel van 'n ideale landskap wat in 'n verlore Goue Tyd aan die begin van die menslike geskiedenis sou bestaan het. Die Joods-Christelike eweknie van die Grieks-Romeinse Arkadië is die Bybelse Tuin van Eden (die paradys).

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Arkade
Volgende onderwerp: Ark van die Verbond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:02:30 MGT 2024