Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Woestaards van Namibië
Woestaards van Namibië [boodskap #22831] Ma, 10 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Oom Hans,

ek het die naweek weer 'n verhaal of wat gehoor van 'n rowwe spul van
Outjo-omgewing. Dit gaan oor die broers wat op 'n jagtog, teen die aand se
kant, na 'n hele paar drankies sg. 'Leeu-leeu' speel. Die een broer kruip
agter 'n miershoop weg en krap-krap met sy hand (soos 'n leeu sou maak) langs
die kant van die miershoop, waar die ander die hand net-net kan sien. Dan
skiet die ander na sy hand om te kyk of hulle kan raakskiet!

Een van hulle het ook glo patrone in die vuur gegooi, een van die patrone
het hom in die lies getref, maar hy het vir niemand gesê nie. Na 'n paar
dae moes hy toe dokter toe omdat dit begin sweer het!

Hierdie is aan my as die waarheid vertel, die verhale is skynbaar wel
bekend.

Groete

Shannon
Re: Shannon !! (Woestaards ) [boodskap #22832 is 'n antwoord op boodskap #22831] Ma, 10 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Dagsê Shannon - terwyl almal saamluister.

Jy praat hier van Outjo se Robberts familie.

Die spesifieke storie het ek ook al gehoor - en daar is BAIE meer te
vertelle oor die "clan". Aan baie van die stories in omloop, mag daar reeds
stukke bygelieg wees maar dis heel moontlik waar in baie opsigte. Alle
verhale oor die Robbertses het drank, skiet, jag, baklei, tronk, leeus, as
tema. Ek is bewus van 'n hele paar geleenthede waar die manne (na 'n
bottel of ses) op mekaar teiken geskiet het sonder dat daar enige kwade
gevoelens was. Dis net dat daar 'n gebrek aan "moving targets" was en dan
maak hulle maar beurte onder mekaar. Somtyds sonder die vooraf medewete
van die teiken.

Ek het reeds drie stories (waarvoor ek darem vir die waarheid kan instaan)
op die ng geplaas tw. Dopsteekhoogte se Uitspan, die leeumis aan die
motorwiele en Die Jagtog wat skeefgeloop het. Het jy hulle gemis ??? Ek
probeer tans 'n artikelreeks wat die Republikein (Windhoekse koerant) 2 jaar
gelede oor die Robberts familie geplaas het, in die hande kry en dan kan ek
meer skryf oor hulle.

Selwers was ek aan die verloorkant toe die Chernobyl luis kom nesskop het op
my rekenaar stuk of wat 2 weke gelede. Alles verloor. Ook jou adres.
Skryf asseblief weer privaat. Dankie aan al die maters wat reeds van hulle
laat hoor het. As ek klaar is met die programmerings projek waaraan ek
tans dag en nag skryf, sal ek weer sigbaarder word hier........

WEET IEMAND DALK
wat die h.... het van Leendert geword ??? Die man is nou al so lank stil
dat ek regtig die ergste vrees vir hom..............Daar MOET 'n rede wees.

Walvisgroete

Omie
jdej...@lagoon.iafrica.com.na
(Die water is om spammers te versuip)
Re: Woestaards van Namibië [boodskap #22833 is 'n antwoord op boodskap #22831] Ma, 10 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Strand Jakkals  is tans af-lyn  Strand Jakkals
Boodskappe: 13
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Shannon wrote in message
...
> Oom Hans,
>
> ek het die naweek weer 'n verhaal of wat gehoor van 'n rowwe spul van
> Outjo-omgewing. Dit gaan oor die broers wat op 'n jagtog, teen die aand se
> kant, na 'n hele paar drankies sg. 'Leeu-leeu' speel. Die een broer kruip
> agter 'n miershoop weg en krap-krap met sy hand (soos 'n leeu sou maak) langs
> die kant van die miershoop, waar die ander die hand net-net kan sien. Dan
> skiet die ander na sy hand om te kyk of hulle kan raakskiet!
>
> Een van hulle het ook glo patrone in die vuur gegooi, een van die patrone
> het hom in die lies getref, maar hy het vir niemand gesê nie. Na 'n paar
> dae moes hy toe dokter toe omdat dit begin sweer het!
>

Dan het jy nog net van die mak stories gehoor. Omie kan dit staaf glo ek,
want hy loop jare langer as ek in die geweste. As omie na my stuiwer in die
arm beurs luister, laat weet tog asseblief of ek die storie van die man in
die kallerhok op die nuusblad kan plaas. :o))

Jy sien ou nig, party van die stories is nie vir die swak van hart en gespanne
senuwees nie. Ek glo daar is baie stories wat ook nie op die nuusgroep
geopenbaar kan word nie. Maar nou ja, wat sal ek dan nou ook weet, ek boer
mos maar net op die strand. (daar lê dalk 'n lekker ou tjoppie rond :o))

Ek sê maar net......
Strandjakkals
Re: Shannon !! (Woestaards ) [boodskap #22843 is 'n antwoord op boodskap #22832] Di, 11 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Republikein  is tans af-lyn  Republikein
Boodskappe: 5
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Junior Lid
Tja, die Robbertses..... Ek werk by die Republikein en sal probeer om die
artikels wat jy noem op te spoor. Self het ek al stories gehoor van die
Robbertses wat "Wilhelm Tell" speel in die kroeg op Outjo... met
veerpyltjies en 'n vuurhoutjiedosie op een se kop en die kroegman wat met 'n
langbektang probeer om die pyltjies uit "Tell Junior" se skedel te trek. Sou
nie kon sê hoe waar dit is nie, ek het net een Robberts persoonlik ontmoet
(Oom Paul) en al wat ek van hom kan onthou is dat hy so gesnork het in ons
tent by Omaruru-mond dat die hele gesin slapeloos was. En sy gunsteling
uitdrukking was "Ag man, fladder hel toe".

groetnis uit Windhoek,
Herma

Omie wrote in message ...
> Dagsê Shannon - terwyl almal saamluister.
>
> Jy praat hier van Outjo se Robberts familie.
>
> Die spesifieke storie het ek ook al gehoor - en daar is BAIE meer te
> vertelle oor die "clan". Aan baie van die stories in omloop, mag daar reeds
> stukke bygelieg wees maar dis heel moontlik waar in baie opsigte. Alle
> verhale oor die Robbertses het drank, skiet, jag, baklei, tronk, leeus, as
> tema. Ek is bewus van 'n hele paar geleenthede waar die manne (na 'n
> bottel of ses) op mekaar teiken geskiet het sonder dat daar enige kwade
> gevoelens was. Dis net dat daar 'n gebrek aan "moving targets" was en dan
> maak hulle maar beurte onder mekaar. Somtyds sonder die vooraf medewete
> van die teiken.
>
> Ek het reeds drie stories (waarvoor ek darem vir die waarheid kan instaan)
> op die ng geplaas tw. Dopsteekhoogte se Uitspan, die leeumis aan die
> motorwiele en Die Jagtog wat skeefgeloop het. Het jy hulle gemis ??? Ek
> probeer tans 'n artikelreeks wat die Republikein (Windhoekse koerant) 2 jaar
> gelede oor die Robberts familie geplaas het, in die hande kry en dan kan ek
> meer skryf oor hulle.
>
> Selwers was ek aan die verloorkant toe die Chernobyl luis kom nesskop het op
> my rekenaar stuk of wat 2 weke gelede. Alles verloor. Ook jou adres.
> Skryf asseblief weer privaat. Dankie aan al die maters wat reeds van hulle
> laat hoor het. As ek klaar is met die programmerings projek waaraan ek
> tans dag en nag skryf, sal ek weer sigbaarder word hier........
>
> WEET IEMAND DALK
> wat die h.... het van Leendert geword ??? Die man is nou al so lank stil
> dat ek regtig die ergste vrees vir hom..............Daar MOET 'n rede wees.
>
> Walvisgroete
>
> Omie
> jdej...@lagoon.iafrica.com.na
> (Die water is om spammers te versuip)
>
Re: Woestaards van Namibië [boodskap #22844 is 'n antwoord op boodskap #22831] Di, 11 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Strand Jakkals wrote in message ...
>
> Shannon wrote in message
> ...

> Dan het jy nog net van die mak stories gehoor. Omie kan dit staaf glo ek,
> want hy loop jare langer as ek in die geweste. As omie na my stuiwer in die
> arm beurs luister, laat weet tog asseblief of ek die storie van die man in
> die kallerhok op die nuusblad kan plaas. :o))
>
> Jy sien ou nig, party van die stories is nie vir die swak van hart en gespanne
> senuwees nie.

Op die ng is daar niemand wat voldoen aan bg vereistes nie. Ons mag nou wel
iemand hê van Kanada wat ietwat gevorderd van ouderdom is, maar sy plaas
gedigte wat sommige na asem laat snak! Dus, selfs met haar sal jy aan die
veilige kant wees. ASSEBLIEF, vermy net die woord 'DYE'! Dit gaan nie goed
af by ons sensitiewe 'lesers' nie. ;-))

> Ek glo daar is baie stories wat ook nie op die nuusgroep
> geopenbaar kan word nie. Maar nou ja, wat sal ek dan nou ook weet, ek boer
> mos maar net op die strand. (daar lê dalk 'n lekker ou tjoppie rond :o))

Die woord tjoppie is darem nog aanvaarbaar. ;-)

Groete

Shannon
ns. op watter strand loop jy rond?
Re: Woestaards van Namibië [boodskap #22941 is 'n antwoord op boodskap #22831] So, 16 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Strand Jakkals  is tans af-lyn  Strand Jakkals
Boodskappe: 13
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
> Op die ng is daar niemand wat voldoen aan bg vereistes nie. Ons mag nou wel
> iemand hê van Kanada wat ietwat gevorderd van ouderdom is, maar sy plaas
> gedigte wat sommige na asem laat snak! Dus, selfs met haar sal jy aan die
> veilige kant wees. ASSEBLIEF, vermy net die woord 'DYE'! Dit gaan nie goed
> af by ons sensitiewe 'lesers' nie. ;-))
>
>> Ek glo daar is baie stories wat ook nie op die nuusgroep
>> geopenbaar kan word nie. Maar nou ja, wat sal ek dan nou ook weet, ek boer
>> mos maar net op die strand. (daar lê dalk 'n lekker ou tjoppie rond :o))
>
>
> Die woord tjoppie is darem nog aanvaarbaar. ;-)
>
> Groete
>
> Shannon
> ns. op watter strand loop jy rond?

Hier is daar nogal baie strande, maar almal is bekend as Hawaii. :o)
Ek bedoel nou nie al die strande se name is dieselfde nie, maar dat
al die eilande saam Hawaii is.

Ek stuur binnekort die storie vir jou .

Duits-Wes groete.

Die Strandjakkals (soekend na sy tjoppie :o))
Re: Woestaards van Namibië [boodskap #125163 is 'n antwoord op boodskap #22831] Di, 19 Maart 2019 05:36 Na vorige boodskap
dougrobbertse1  is tans af-lyn  dougrobbertse1
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 0
Junior Lid
Goeie môre mense

Ek is deel van die woeste clan Robberste en sal bitter graag nog van die verhale will hoor voordat dit vir die nageslag verdwyn,

Groete

George Jacobus Robbertse

Vorige onderwerp: Voorspoed vir 2019!
Volgende onderwerp: Oor die geskiedenis van die Kakamas-nedersetting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 09:32:28 MGT 2024