Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dwaalgees
dwaalgees [boodskap #124872] Sa, 02 Maart 2019 10:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dwaalgees
Afbreking: dwaal•gees
Samestelling: dwaal + gees



Selfstandige naamwoord: dwaalgees
Meervoud: dwaalgeeste
Verkleinwoord: dwaalgesie
Meervoud van verkleining: dwaalgesies

Betekenis:
• 'n Gees wat dwaal. Gees van iemand wat dood is maar wat nie rus kan vind nie, en gevolglik steeds in dié wêreld vertoef tot sake reggestel is of tot dit besef dat dit dood is.

Gebruik:
• Dis nie towery nie, dis maar net 'n dwaalgees wat daar gesien word.

Vertaling:
Engels: wandering spirit
Nederlands: dwaalgeest

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: worsbrood
Volgende onderwerp: prosa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 00:05:12 MGT 2024