Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Wetsgehoorsame padgebruikers
Wetsgehoorsame padgebruikers [boodskap #120696] Sa, 04 Augustus 2018 05:58 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Vier tannies ry op die hoofweg teen 22km/h toe die verkeerskonstabel hulle aftrek:
"Tannie, hoekom ry julle so stadig?"
"Man, die padteken sê dan R22", antwoord sy.
Die spietkop verduidelik dat dit die padnommer is.

Die ander drie anties is tjoepstil, windverwaaid en spierwit in die gesig.
Die spietkop vra: "En wat gaan met hulle aan?"
"Moenie worry nie", sê sy. "Hulle sal nou regkom..."
"Ons kom nou net van die R365 af!"
Re: Wetsgehoorsame padgebruikers [boodskap #120743 is 'n antwoord op boodskap #120696] Vr, 24 Augustus 2018 05:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
So min of meer in dieselfde lyn (maar, ek dink nie jongmense sal dit snap nie):

'n Ou tannie jaag teen 'n vreesaanjaende spoed op die hoofweg af.
Die verkeerskonstabel trek haar af en vra, "waarheen so gehaas"?
Sy antwoord: "Ek moet vinnig maak, voordat ek vergeet waarheen ek op pad is!"
Re: Wetsgehoorsame padgebruikers [boodskap #124857 is 'n antwoord op boodskap #120743] Wo, 27 Februarie 2019 19:48 Na vorige boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
Dit laat my dink aan die padbordjie:
"Slaggate voor, maak vas jou gordel en haal jou valstande uit."
Vorige onderwerp: Oom Koos gaan tandarts toe
Volgende onderwerp: Die klein stouterd!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:01:02 MGT 2024