Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Oom Koos gaan tandarts toe
Oom Koos gaan tandarts toe [boodskap #124851] Di, 26 Februarie 2019 18:58
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Oom Koos gaan na die tandarts toe en sê vir die tandarts:
"Luister, ek wil 2 tande laat trek en 2 laat stop, kan jy vir my sê hoeveel gaan dit kos?"

Die tandarts haal sy pen, boekie en sakrekenaartjie uit en werk die sommetjie uit.
Tandarts: "Oom, dit sal so R4,200.00 kos."
Oom Koos: "Nee seun, dit is te veel man. Wys eers vir my wat het jy alles op daardie boekie geskrywe."

Tandarts: "Oom, dit is R600.00 vir die verdowingsmiddels."
Oom Koos: "Nee, nee, nee. Ons het nie sulke goed in ons tyd gehad nie, haal dit af. Wat is daar nog?"

Tandarts: "Die gereedskap wat ek moet gebruik, kos so R1,000.00."
Oom Koos: "Nee wat seun, haal dit af. Ons het sommer ‘n draadtang gebruik in ons tyd. Waar is jou draadtang?"

Tandarts: "Ja oom, ek het ‘n draadtang. Sal dit net moet soek."
Oom Koos: "Dis reg, jy moet dit soek. En wat is daar nog op jou boekie?"

Tandarts: "Dit is die antibiotika en ander medisyne wat die pyn en infeksie weg sal vat, wat ook duur is."
Oom Koos: "Nee haal af. Hoekom gebruik julle nie sommer brannewyn of mampoer soos ons gemaak het nie? Nou op hoeveel staan ons nou op die boekie?"

Tandarts: "Dis nog so R1,100.00 oom!"
Oom Koos: "Dit klink beter. Wanneer kan ek die tannie inbring?"
Vorige onderwerp: Suinige Koos
Volgende onderwerp: Wetsgehoorsame padgebruikers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 13:20:55 MGT 2024