Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aforisme
Aforisme [boodskap #124807] Sa, 16 Februarie 2019 10:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Aforisme is 'n kort, bondige gesegde wat ’n diepe waarheid uitdruk. Die term is die eerste keer in die Griekse medikus Hippokrates se Aforismi gebruik. Dit is dikwels nie langer as 'n enkele lyn nie. Aforismes is meestal grappig, paradoksaal en/of absurd en bevat 'n boodskap van wysheid. 'n Langer uitspraak (gewoonlik in digvorm), word 'n epigram genoem.

Voorbeelde:
  • Die lewe is kort; glimlag terwyl jy tande het!
  • Ware vryheid lê in gebondenheid.
  • As almal spesiaal is, is niemand nie.
  • Òf jy is geld se baas, òf geld is jou baas.
  • As jy iets gedoen wil het, gee dit vir die besig werker.
  • Verwagting is die vader van teleurstelling.
  • Mense doen dinge vir hulle eie redes – nie joune nie.
  • Met drif kom jy nergens, met geesdrif orals.
  • Hulle wat by jou skinder van ander; skinder by ander van jou.
  • Dis nie die ure wat jy insit wat belangrik is nie, maar wat jy in die ure sit!
  • Wees ernstig oor dit wat jy doen; maar vat jouself met ‘n knippie sout!
  • "Sal mense" doen dinge, "wil mense" wou nog daarby uitkom.
  • Hulle wat jou vertel hoe besig hulle is doen gewoonlik die minste!
  • Twee dinge is oneindig: die kosmos en menslike onnoselheid; en ek is nie seker van die kosmos nie.
  • Die kuns is lank, die lewe kort, geleentheid vervlietend, eksperimentering gevaarlik en beoordeling moeilik.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.

Vorige onderwerp: Afganistan
Volgende onderwerp: Afpersing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 11:51:58 MGT 2024