Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Advokaat
Advokaat [boodskap #124796] Sa, 16 Februarie 2019 08:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Advokaat is ’n persoon wat aan die nodige kwalifikasies voldoen, akademies (B.A., LL.B. byvoorbeeld, maar nie uitsluitlik nie) en andersins, mag deur die Hooggeregshof toegelaat word om as advokaat van die Hooggeregshof op te tree mits hy (sy) die eed van getrouheid aflê. Slegs ’n advokaat mag vir ’n party in die Hooggeregshof optree. ’n Advokaat ontvang sy opdrag van ’n prokureur en nie direk van ’n lid van die publiek nie. ’n Advokaat is onderhewig aan sekere reëls van professionele gedrag en hy mag by verontagsaming daarvan deur die hof verbied word om verder te praktiseer. (S.A.: advocate; Engeland: barrister.)

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Advent
Volgende onderwerp: Aedile
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 09:17:53 MGT 2024