Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Abisai
Abisai [boodskap #124743] Sa, 09 Februarie 2019 17:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Abisai was 'n Ou Testamentiese held, broerskind van koning Dawid; een van drie manne wat hul lewe gewaag het om water vir die koning te gaan haal (2 Sam. 23). Die naam beteken waarskynlik: "(my) pa is Isai" of "(my) pa bestaan".

Abisai was die oudste seun van Seruja, die suster van Dawid, en broer van Joab en Asael (2 Sam 2:18). Hy was hoof van ’n groep van drie onder Dawid se "magtige manne" (2 Sam 23:18). Abisai se beste karaktertrekke was sy onwrikbare lojaliteit en getrouheid aan Dawid.

Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Christelike Kernensiklopedie (eCKE)

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Abigail
Volgende onderwerp: Geelperskereën
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 23:05:12 MGT 2024